Genoeg vir 4-6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 35 min.

20 ml (4 t) olie

1 ui, fyn gekap

1 groen soetrissie, gekap

2 blikke tuna (170 g elk)

150 g bevrore ertjies en mielies, ontvries

500 ml (2 k) gekookte rys

’n hand vol pietersielie, gekap

sout en peper

500 ml (2 k) gekoopte Cheddamelt-sous

BOLAAG

60 ml (¼ k) broodkrummels

60 ml (¼ k) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakskottel met botter.

  1. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en soteer die ui tot sag en deurskynend. Voeg die groen soetrissie by en braai 2 min. of tot sag.
  2. Roer die ertjies en mielies, rys, pietersielie en tuna in. Geur. Kook tot die rys deurwarm is. Skep die helfte van die mengsel in die skottel en bedek met die helfte van die Cheddamelt-sous. Herhaal die lae.
  3. Bolaag Bestrooi met broodkrummels en kaas. Bak 25 min. in die oond of tot goudbruin.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan