Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

WITSOUS

100 g botter

90 ml meel

750 ml (3 k) melk

sout en vars gemaalde swartpeper

5 ml (1 t) mosterdpoeier

MACARONI EN TUNA

250 g macaroni

30 ml (2 e) olyfolie

8 stingeluie, grof gekap

2 blikke (170 g elk) tuna in olie

100 g mozzarellakaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. WITSOUS Verhit die botter in ’n kastrol en roer die meel by tot ’n roux (meelpasta) vorm. Roer dit nog ’n minuut, giet die melk by en klits met ’n handmenger tot ’n dik, gladde sous vorm. Geur met sout, peper en mosterdpoeier.
  2. Verlaag die hitte en laat prut sowat 3 minute of tot gaar. Bedek die sous met kleefplastiek.
  3. MACARONI EN TUNA Kook intussen die macaroni in soutwater volgens die aanwysings op die pakkie en dreineer.
  4. Verhit die olyfolie en braai die stingeluie tot sag. Roer die tuna met die vloeistof by.
  5. Skep die macaroni in ’n oondbak en skep die tunamengsel bo-op.
  6. Verwyder die kleefplastiek van die witsous, roer dit goed en giet oor die tuna. Meng die sous en tuna liggies.
  7. Sprinkel die kaas oor en bak sowat 20 minute of tot gaar