Genoeg vir: 3 tunaburgers

BESTANDDELE

  1. 1 x 170 g blikkie Lucky Star Tinned Tuna
  2. 1 eier
  3. ½ koppie hawermout
  4. ¼ koppie ui, fyngekap
  5. 1 knoffelhuisie, fyngekap
  6. ? koppie groen soetrissies, fyngekap
  7. sout en peper na smaak
  8. broodrolletjies, slaaiblare, tamatie, komkommer en mayonnaise om voor te sit

METODE

  1. Meng alle bestanddele deeglik met jou hande in ’n groot mengbak tot goed gemeng.
  2. Verhit ’n groot braaipan oor matige tot hoë hitte en bespuit met kossproei of voeg ’n bietjie olie by.
  3. Gebruik die mengsel om die tunaburgers te vorm en plaas in die warm pan. Braai vir ongeveer 3 minute aan ’n kant of tot liggies verbruin aan albei kante en regdeur warm.
  4. Sit op ’n vars broodrolletjie met slaaiblare, tamatie, komkommer en mayonnaise voor.