Bedien 6 mense

Bestanddele

  • 2 x 170 g blikkies Lucky Star Shredded Tuna
  • ¼ koppie mayonnaise
  • ½ koppie voorbereide salsa (sien hieronder)
  • 1 koppie cheddarkaas, gerasper
  • 6 x 15 cm tortillas
  • vars koljander

Salsa

  • ½ eetlepel olyfolie
  • ½ ui, fyngekap
  • ½ rooi brandrissie, fyngekap
  • ½ teelepel gerookte paprika
  • ½ klein groen of rooi soetrissie, fyngekap
  • ½ eetlepel tamatiesmeer
  • sout en peper
  • 250 g tamaties, opgekap

Metode

  1. Vir die salsa: Verhit olie in ’n pot oor matige hitte. Voeg die ui by en roer herhaaldelik vir 5 minute of tot glaserig. Voeg brandrissie, paprika en peper by. Kook vir 2 minute of tot sag. Roer die tamatiesmeer en tamaties daarby.
  2. Verlaag die hitte en kook tot dit verdik.
  3. Vir die quesadillas: Kombineer die tuna, mayonnaise en salsa in ’n klein mengbakkie.
  4. Smeer die tunamengsel eweredig op die tortillas en rond af met kaas.
  5. Braai die quesadillas een vir een in ’n geskikte pan. Draai dit om sodat elke kant effens goud verkleur en die kaas smelt.
  6. Sny in driehoeke en sit saam met opgekapte slaaiblare en ekstra salsa voor.