Bestanddele

100 ml olyfolie

6 knoffelhuisies, gekneus

2 uie, grofgekap

2 rooi soetrissies, ontpit en fyngekap

2 x 410 g blikkies fyngekapte tamaties

15 ml gerookte paprika

700 g witrys

2 l hoenderaftreksel

100 ml vars suurlemoensap

5 ml sout

5 ml gemaalde swartpeper

1 x 1,88 kg blikkie Lucky Star Pilchards in Tomato Sauce , gedreineer

1 suurlemoen, in wiggies gesny

10 g vinkelblaartjies, opgekap

Metode

  1. Verhit die olyfolie in ’n paella-pan of ’n groot swaarboom-pot. Voeg die knoffel, uie en rooi soetrissie by en soteer tot sag en deurskynend.
  2. Voeg die tamaties en paprika by, verlaag die hitte en laat prut vir ongeveer 10 minute of tot geurig.
  3. Roer die rys by en laat vir 5 minute prut. Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt.
  4. Verlaag die hitte en kook sonder ’n deksel totdat die rys meeste van die vloeistof geabsorbeer het.
  5. Kook vir nóg 10 minute of totdat die rys gaar is.
  6. Roer die sardyne by en kook totdat dit regdeur warm is.
  7. Geur met sout en peper en sit warm voor saam met die suurlemoenwiggies.
  8. Garneer met vinkel.