Bestanddele

1 x 400 g blikkie Lucky Star Pilchards in Tomato Sauce

1 ciabatta-olyfbroodjie, in snye van 1 cm dik

? koppie ekstra-suiwer olyfolie

3 knoffelhuisies

2 koppies rosa-tamaties, gehalveer

1 handvol basiliekruidblare, geskeur

1 koppie mozzarellakaas, gerasper

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Steek ’n gasbraai aan of maak ? vuur met houtskool.
  2. Vlok die sardyne.
  3. Smeer olyfolie aan albei kante van die ciabattabroodjie.
  4. Rooster die brood aan albei kante oor ’n matige en direkte hitte op die braai.
  5. Sodra die ciabattabroodjies goudbruin is, vryf die knoffelhuisies oor een kant van die brood.
  6. Rooster die rosa-tamaties op die braai.
  7. Plaas die tamaties, sardyne, basiliekruid en mozzarellakaas bo-op die geroosterde ciabatta.
  8. Plaas die bruschetta terug op die braai vir ongeveer 3 minute sodat die mozzarellakaas smelt.
  9. Sit dadelik voor.

Bedien 4