Bestanddele

  • 1 middelslag aartappel, in blokkies gesny
  • 1 x 170 g blikkie Lucky Star Tuna
  • 3 jong murgpampoentjies, gerasper
  • 1 bossie sprietuie, dun gesny
  • ½ koppie mielies, gaar
  • ½ teelepel droë brandrissievlokkies
  • skil van 1 suurlemoen
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel peper, grofgemaal
  • 1 eier, geklits
  • 12 Chinese rolletjie-velletjies, geskei
  • 2 koppies olie vir diepbraai

Metode

  1. Verhit olie in ’n pan en soteer die blokkies aartappel tot goudbruin en bros.
  2. Kombineer gedreineerde tuna, blokkies aartappel, gerasperde jong murgpampoentjies, sprietuie, mielies, brandrissievlokkies en suurlemoenskil in ’n mengbak en geur na smaak. Meng.
  3. Plaas terug in die pan en kook die vloeistof weg; ongeveer 5 minute.
  4. Skep ongeveer 1 eetlepel van die vulsel op die Chinese rolletjie-velletjie, rol en seël met die eiermengsel. Herhaal die proses met die ander rolletjies.
  5. Verhit olie en diepbraai rolletjies tot goudbruin.

Bedien 4