Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10-15 min

Staantyd: Oornag

Gaarmaaktyd: altesaam 20 min

2 x blikkies (330 ml elk) bier

60 ml pietersielie, fyn gekap

100 ml vars suurlemoensap

200 ml olyfolie

10 knoffelhuisies, gekneus

sout en vars gemaalde swartpeper

tabascosous na smaak

60 steurgarnale, skoongemaak

100 g botter

50 ml olie

ekstra suurlemoene, in wiggies gesny

dun aartappelskyfies

Meng die bier, pietersielie, suurlemoensap, olyfolie, knoffel, sout, peper en tabascosous.

Rangskik die garnale in ’n glasbak en giet die marinade oor.

Laat staan oornag.

Verhit die botter en olie en braai die garnale ’n paar op ’n slag in ’n baie warm pan tot gaar. (Die garnale is binne minute gaar.)

Sit voor met suurlemoen en skyfies.