Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10-15 min.

2 x 120 g-blikke gerookte sardiens, gedreineer

sout en peper

KRUMMEL

60 ml (¼ k) gekapte pietersielie

15 ml (1 e) gedroogde origanum

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) gerasperde suurlemoenskil en 15 ml (1 e) -sap

1 dag oue knoffelciabatta-rolletjie, in stukkies gebreek

KAPOKAARTAPPEL

6 groot aartappels, geskil en gekook

30 ml (2 e) botter

15-30 ml (1-2 e) melk

sout en peper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  1. Versprei die sardiens op die bakplaat en geur met die sout en peper.
  2. Krummel Meng al die bestanddele en versprei oor die sardiens. Rooster 10-15 min. in die oond tot goudbruin en effens bros.
  3. Kapokaartappel Druk al die bestanddele saam fyn en geur met die sout en peper.
  4. Skep ’n lepel kapokaartappel op ’n bord. Pak die gekrummelde sardiens bo-op en sit voor saam met suurlemoenwiggies.