Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

600 g calamari-ringe

sout en vars gemaalde swartpeper

375 ml (1½ k) koekmeel

15 ml (1 e) gedroogde

Italiaanse kruie

5 ml (1 t) rooipeper

2 eiers, geklits

45 ml (3 e) olyfolie

AARTAPPELSKYFIES

45 ml (3 e) olyfolie

8 aartappels in dun skyfies gesny OF 750 g oondbakaartappelskyfies

DOOPSOUS

15 g vars koljander, gekap

skil van 1 suurlemoen, en 10 ml (2 t) sap

125 ml (¼ k) mayonnaise

125 ml (½ k) Griekse jogurt

Voorverhit die oond tot 230 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.

  1. Spoel die calamari af en maak goed droog met kombuispapier. Geur met die sout en peper.
  2. Meng die koekmeel, kruie en rooipeper. Geur met die sout en peper en rol die calamari daarin.
  3. Doop die calamari in die eier en rol dan weer in die meel. Pak in ’n enkellaag op die voorbereide bakplaat, sprinkel met die olyfolie en bak 10 min. Skakel die roosterelement van die oond aan. Bak nog 5 min. of tot goudbruin.
  4. Aartappelskyfies Sprinkel die olie oor die aartappelskyfies en rooster 25-30 min. in die oond tot goudbruin en gaar, of berei die oondbak-aartappelskyfies volgens die aanwysings op die pak.
  5. Doopsous Meng al die bestanddele vir die sous en sit voor saam met die calamari, aartappelskyfies en suurlemoenwiggies.