Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

400 g visporsies

sout en vars gemaalde peper

30 ml (2 e) suurlemoensap

300 g spinasie

250 g broccoli

KRUIEBOTTER

15 g pietersielie

60 g botter

2 knoffelhuisies, fyngedruk

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Geur die visporsies met die sout, peper en suurlemoensap.
  2. Kruiebotter Kap die pietersielie baie fyn en meng goed met die botter en knoffel. Smeer dit oor die visporsies.
  3. Blansjeer die spinasie en broccoli. Sny ’n vierkantige stuk bakpapier en plaas ’n hopie spinasie en ’n paar stukkies broccoli in die middel. Sit ’n porsie vis bo-op, vou die papier toe en knyp dit vas met houtwasgoedpennetjies, of vou net styf toe.
  4. Herhaal met al 4 pakkies en pak op ’n bakplaat. Bak 15-20 min. Sit voor saam met suurlemoenwiggies.