Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 25-30 min.

Gaarmaak: 10 min.

VISKOEKIES

4 aartappels, geskil en gekook

2 x 400 g-blikke sardiens in tamatiesous,

grate verwyder en grof gevlok

1 eier, geklits

1 ui, fyn gekap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

5 ml (1 t) suurlemoenpeper

10 ml (2 t) visspeserye

10 g pietersielie, gekap

45 ml (3 e) gekapte grasuie

30 ml (2 e) suurlemoensap

sout en vars gemaalde peper

KRUIEKRUMMEL

2 eiers

60 ml (¼ k) melk

250 ml (1 k) broodkrummels

10 g pietersielie, gekap

10 g koljanderblare, gekap

gerasperde skil van 1 suurlemoen

JOGURTSOUS

180 ml (¾ k) natuurlike jogurt

30 ml (2 e) mayonnaise

10 g pietersielie, gekap

  1. Viskoekies Druk die aartappels fyn en meng die res van die bestanddele versigtig daarby in. Geur na
  2. smaak met die sout en peper.
  3. Kruiekrummel Klits die eiers en melk saam en giet in ’n plat bakkie. Meng die broodkrummels, kruie en suurlemoenskil goed en gooi in ’n ander plat bakkie.
  4. Vorm koekies van die vismengsel en doop elkeen versigtig in die eiermengsel en dan in die krummelmengsel. Doop weer in die eier en dan in die krummels. Pak op ’n bord en verkoel minstens 15 min.
  5. Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan en braai die viskoekies in sarsies tot goudbruin aan albei kante en deurwarm. Dreineer op kombuispapier.
  6. Jogurtsous Meng die jogurt, mayonnaise en pietersielie en geur met sout. Sit voor saam met die viskoekies, suurlemoenwiggies.
  7. en ’n groenslaai*.