Genoeg vir 4 mense

8 ekstragroot eiers

20 ml vinkel, fyn gekap

15 ml pietersielie, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

15 ml water

100 g murgpampoentjies, gerasper

20 ml olie

150 ml maaskaas of roomkaas

gerookte salm of forel

Voorverhit die oond tot 200 °C en meng die eiers, vinkel, pietersielie, sout, peper, water en murgpmapoentjies in ’n mengbeker.

Verhit die olie in ’n pan wat ook in die oond kan gaan sonder om beskadig te word.

Giet die eiermengsel by die verhitte olie en braai liggies tot die eier begin gaar word.

Sit die pan in die oond tot die boonste gedeelte van die frittata gaar is.

Verwyder uit die oond en laat staan ’n paar minute.

Sny die frittata in skywe en sit voor saam met maaskaas of roomkaas en salm of forel.