Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

250 ml (1 k) jasmynrys, afgespoel

500 ml (2 k) water

60 ml (¼ k) rysasyn

30 ml (2 t) strooisuiker

2,5 ml (½ t) sout

15 ml (1 e) sesamolie

2 avokado’s, in skywe gesny

225 g gerookte salm

15 ml (1 e) sesamsaad

gepiekelde gemmer en wasabi, vir voorsit (opsioneel)

  1. Gooi die rys en water in ’n kastrol oor hoë hitte. Bring tot kookpunt terwyl jy af en toe roer. Bedek met ’n deksel wat styf pas. Verminder die hitte tot laag en laat prut 15 min. Verwyder van die hitte. Sit 15 min. eenkant om te stoom.
  2. Meng die asyn, strooisuiker en sout in ’n klein beker. Roer tot die suiker oplos. Sprei die rys oor ’n skinkbord uit. Bestrooi met die helfte van die asynmengsel. Vou dit met ’n lepel by die rys in. Sit eenkant om effens te laat afkoel.
  3. Voeg die sesamolie by die oorblywende asynmengsel. Verdeel die rysmengsel tussen bakke. Bedek met die avokado en salm. Bedruip met die sous. Bedek met die sesamsaad, gemmer en wasabi (indien gebruik).

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander