4-6 visporsies, in repe

sout

125 ml (½ k) meel

2 eiers, geklits

125 ml (½ k) broodkrummels

125 ml (½ k) klapper

olie

KAPOKAARTAPPEL

6 aartappels, geskil en gekook

15 ml (1 e) botter

30 ml (2 e) melk

sout en peper

  1. Geur die vis met die sout, rol in die meel en doop in die eier.
  2. Meng die broodkrummels en klapper. Doop die vis daarin en verkoel 15 minute. Vlakbraai in verhitte olie tot goudbruin.
  3. Kapokaartappel Druk alles saam fyn en geur met die sout en peper.
  4. Sit voor saam met die vis, suurlemoenwiggies en pietersielie.