500 g rys

5 ml (1 t) borrie

1 ml (ΒΌ t) gerookte paprika

sout en peper na smaak

1 pak (250 g) spekvleis, gekap

3 uie, fyn gekap

1 pak (400 g) seekosmengsel, ontdooi, OF 2-3 blikkies (85 g elk) gerookte mossels

sap van 1 suurlemoen

500 ml (2 k) bevrore ertjies, ontdooi

  1. Kook die rys saam met die borrie en paprika in soutwater tot sag. Dreineer.
  2. Braai die spek en uie tot sag en gaar.
  3. Voeg die seekos by en braai effens. Bedek en stoombraai verder tot net gaar.
  4. Geur met die sout, peper en sap. Meng met die rys en ertjies en verhit. Rond af met suurlemoen.