Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 4-6 mense

KORS

375 ml (1½ k) koekmeel

2 ml (½ t) droë Italiaanse gemengde kruie

sout

150 g margarien

1 eier, geklits

VULSEL

15 ml (1 e) olyfolie

125 g sampioene, in skyfies gesny

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

2,5 ml (½ t) matige kerriepoeier

250 g stokvisfilette, in klein blokkies gesny

250 ml (1 k) vars room

3 eiers

KORS

Voorverhit die oond tot 190 °C.

Sif die meel in ’n mengbak, en voeg die kruie en sout by die mengsel.

Voeg die margarien by en vryf die meel met jou vingers tot dit meer soos broodkrummels is.

Voeg die geklitste eier by en knie die deeg tot dit nie meer aan jou hande kleef nie.

Druk die deeg eweredig in ’n quiche-pan in, druk dit met ’n vurk en sit dit 30 minute in die yskas.

Haal uit die yskas en bak 15 minute blind.

Verhit die olie in ’n braaipan en voeg die sampioene, ui, knoffel en kerriepoeier by.

Roerbraai 5 minute en verwyder van die hitte.

Versprei die uiemengsel onder op die kors en voeg die vis daarby.

Klits die room en die eiers saam en giet dit oor die vis-en-uiemengsel.

Bak 20-25 minute. Sit voor met ’n slaai of brood.

Volg Huisgenoot op Twitter.