Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 6 mense

30 ml (2 e) olie

2 uie, in skywe gesny

15 ml (1 e) gemmer, fyngedruk

5 knoffelhuisies, gekap

2 groen brandrissies, gekap

6 heel swartpeperkorrels

3 heel naeltjies

3 wonderpeperkorrels

2 lourierblare

10 ml (2 t) koljandersaad

10 ml (2 t) geelmosterdsaad

10 ml (2 t) fyn komyn

10 ml (2 t) borrie

10 ml (2 t) geroosterde masala

125 ml (½ k) bruinsuiker

250 ml (1 k) wynasyn

125 ml (½ k) water

500 g stokvis

45 ml (3 e) meel

30 ml (2 e) visspeserypoeier

45 ml (3 e) olie

1.    Verhit die olie en soteer die ui, gemmer, knoffel en rissie tot die ui sag is. Voeg die speserye by en soteer verder oor ’n lae hitte. Voeg die suiker en asyn by en laat prut 2 minute. Voeg dan die water by en laat prut 15 minute.

2.    Sny intussen die vis in dik mootjies. Meng die meel en visspeserypoeier en rol die vis daarin. Verhit die olie oor matige hitte in ’n pan. Bak ’n paar stukke vis op ’n slag in die warm olie, tot goudbruin.

3.    Pak die vis in ’n bak en giet die sous oor.

- Hope Malau