GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute

2 groot uie, in stukke gesny

4 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) olie

15 ml (1 e) Thaise rooikerriepasta

100 g kersietamaties, gehalveer

1 blik (400 g) klappermelk

400 g visporsies

Voorverhit die oond tot 230 °C

  • Versprei die uie en knoffel in ’n oondbak. Sprinkel die olie oor en rooster 10 minute.
  • Meng die Thaise rooikerriepasta deur die uie en voeg die kersietamaties by. Giet die klappermelk oor die uie-en-tamatiemengsel en meng goed. Pak die visporsies in die mengsel en bak nog 15 minute.
  • Sit die visgebak voor saam met basmatirys en vars koljanderblare indien verkies.