Sy het hierdie resep in een van hulle gekry en dis nou haar seun se gunstelinggereg.

GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Verkoel: 30 min.

Gaarmaak: 35-40 min.

DEEG

180 ml (¾ k) koekmeel

’n knippie sout

80 g botter, in blokkies gesny

45 ml (3 e) koue water

VULSEL

250 g steurgarnale, dop, derm verwyder sout en peper

10 ml (2 t) botter

25 g botter

50 ml koekmeel

5 ml (1 t) kerriepoeier

300 ml melk

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertpan of spuit dit met kossproei.

  1. Deeg Sif die meel en die sout in ’n bak. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die water by. Draai die deeg in kleefplastiek toe en verkoel 30 minute.
  2. Vulsel Geur die steurgarnale met die sout en peper. Verhit die 2 t botter in ’n braaipan en braai hulle 1-2 min. tot pienk.
  3. Verhit die 25 g botter in ’n kastrolletjie, voeg die meel en die kerrie by en roer tot dit ’n pasta vorm. Giet die melk stadig in terwyl jy aanhoudend klits tot die sous verdik.
  4. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Voer die tertpan uit, prik die bodem met ’n vurk en bak 15 min. blind.
  5. Skep die garnale in die afgekoelde deeg. Giet die kerriesous oor. Bak 20 min. tot die deeg bruin en die vulsel warm is. Sit voor met slaai.