KOEKIES

1 blik (410 g) keker-ertjies, gedreineer

2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 eiers

60 ml (¼ k) vars koljander, gekap

2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer

15 ml (1 e) suurlemoensap

sout en peper

250 ml (1 k) broodkrummels

VIR VOORSIT

30 ml (2 e) botter

500 g groenboontjies

  1. Koekies Druk die keker-ertjies fyn. Voeg die res van die bestanddele by en meng. Geur met sout en peper.
  2. Vorm koekies; verkoel 30 minute. Vlakbraai en dreineer.
  3. Vir voorsit Verhit die botter en roerbraai die boontjies tot net gaar.
  4. Sit voor saam met Griekse jogurt.