Tortillas ontdooi binne sekondes in die mikrogolfoond.

Lewer 4 porsies.

8 groot tortillas

2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer

80 ml (? k) dik mayonnaise

125 ml (½ k) gerasperde mozzarella

4 agurkies, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

olie, vir vlakbraai

Lê vier van die tortillas op die werkoppervlak.

Meng die tuna, mayonnaise, mozzarella en agurkies goed.

Geur met sout en peper na smaak.

Sit die ander vier tortillas bo-op, soos ’n toebroodjie.

Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan tot warm en braai aan albei kante tot goudbruin en bros.

Herhaal met die res.

Sny in kwarte terwyl dit nog warm is en sit dadelik voor met ’n mengelslaai.

Foto: Misha Miles

Volg Huisgenoot op Twitter.