Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 15 min.

TARTARSOUS

250 ml (1 k) gewone jogurt

½ rooi ui, fyn gekap

3 groot agurkies, fyn gekap

30 ml (2 e) kappertjiesaad, gekap

30 ml (2 e) suurlemoensap

sout en peper

BURGERS

4 snye volgraanbrood, gerooster

30 ml (2 e) droëpietersielie

10 ml (2 t) knoffelsout

2 eiers

4 x 200 g graatlose stokvisfilette

4 burgerrolletjies

4 tamaties, in skywe gesny

2 hande vol roketblare

2 suurlemoene, in kwarte gesny

Voorverhit die oond tot 220 °C.

  1. Tartarsous: Meng die bestanddele in ’n bak. Bedek en verkoel tot nodig.
  2. Burgers: Blits die volgraanroosterbrood in ’n verwerker om krummels te vorm en gooi in ’n bak. Roer die pietersielie en knoffelsout in. Sprei die mengsel op ’n groot bord uit.
  3. Klits die eiers liggies in ’n vlak bak.
  4. Doop die visfilette eers in die eier en dan in die krummelmengsel. Sorg dat dit egalig bedek is.
  5. Rangskik op ’n bakplaat en bak 15 min. of tot die vis gaar is.
  6. Sny die burgerrolletjies middeldeur en vul elkeen met ’n skyf tamatie, roket, ’n visfilet en tartarsous. Sit voor met die suurlemoenwiggies.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander