1 heel vis, skoongemaak (ons het silwervis gebruik)

sout

1 suurlemoen of 2 lemmetjies, in skywe gesny

1 bos stingeluie

MARINADE

30 ml (2 e) sesamolie

3 knoffelhuisies, gekap

3 cm-stuk gemmer, in dun repies gesny (julienne)

3 rooi brandrissies

60 ml (¼ k) rysasyn

60 ml (¼ k) sojasous

5 ml (1 t) vissous

60 ml (¼ k) sagte bruinsuiker

15-30 ml (1-2 e) suurlemoensap

Verhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n groot bakplaat met olie.

VIS

Sout die vis; laat staan vir 10 minute.

Maak drie insnydings aan elke kant.

Plaas die suurlemoen hierin.

Plaas die vis in ’n niemetaalbak.

MARINADE

Meng die bestanddele (buiten die suiker en sap).

Giet oor die vis.

Marineer ’n halfuur; draai halfpad om.

Plaas 2 groot velle bakpapier (nie waspapier) op die bakplaat.

Verf met olie.

Plaas die stingeluie, buiten 2, op die papier.

Haal die vis uit die marinade en plaas dit bo-op die papier.

Bring twee kante na bo bymekaar en vou die bokant 3 keer om.

Maak seker daar is aan die bokant genoeg ruimte vir stoom.

Steek vas met houtwasgoedpennetjies.

Vou die ander twee kante in soos wanneer jy ’n pakkie opmaak.

Steek vas met houtpennetjies.

Bak 30-40 minute of tot die vis gaar is en dit maklik vlok met ’n vurk.

Giet die marinade in ’n kastrolletjie, voeg die suiker by en kook af tot stroperig.

Roer die vars suurlemoensap deur.

Verwyder die pennetjies, vou die pakkie oop en giet die sous oor die vis.

Sit voor met jasmynrys.

Volg Huisgenoot op Twitter.