Gebruik blikkies tuna om dié maklike bobotie te maak.

  • Genoeg vir 4 mense
  • Bereiding: 10 minute
  • Gaarmaaktyd: 30-40 minute
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
4 blikkies (187 g elk) tuna, in
water verpak, gedreineer
6 snye vars witbrood, in melk
geweek tot sag en gedreineer
200 ml (ruim ¾ k) melk
5 ml (1 t) knoffel-en-gemmerpasta
10 ml (2 t) masala of geroosterde
kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) gemengde droë kruie
sout en vars gemaalde peper
30 ml (2 e) suurlemoensap
60 ml (¼ k) bruinsuiker
handvol vars pietersielie, gekap
knippie neutmuskaat BOLAAG
4 lourierblare
100 g amandelvlokkies
300 ml (1¼ k) melk
2 eiers
knippie sout
5 ml (1 t) mielieblom
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee oondvaste bakkies.
  2. Verhit die olie en soteer die ui tot sag en deurskynend.
  3. Meng die ui, vis en brood met die res van die bestanddele tot goed gemeng. Skep die mengsel in die voorbereide bakke. Maak die bokant gelyk.
  4. Bolaag Steek die lourierblare liggies by die vismengsel in. Sprinkel die amandels oor.
  5. Meng die melk, eiers, sout en mielieblom en giet oor.
  6. Bak 30-40 minute of tot die bobotie goudbruin is.