Die pannekoekbeslag is redelik dun, so indien daar beslag oorbly hou dit vir later die week of maak ekstra pannekoeke vir die kinders se kosblikke.

Genoeg vir 4 mense

PANNEKOEKBESLAG

2 groot eiers

150-200 ml melk

20 ml olie

5 ml (1 t) suurlemoensap of brandewyn

250 ml (1 k) koekmeelblom

1 ml sout

180 ml water

Olie vir vlakbraai

TUNA-VULSEL

40 g botter

1 ui, grof gekap

1 knoffelhuisie, fyn gekap

30 ml (2 e) meel

250 ml (1 k) melk

sout en vars gemaalde swartpeper

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

3 blikke tuna, gedreineer

olie vir vlakbraai

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

1. PANNEKOEKBESLAG

Klits al die bestanddele bymekaar en laat staan die beslag ’n paar minute.

2. TUNA-VULSEL

Verhit die botter in ’n diep pan en braai die ui en knoffel ’n paar minute.

Roer die meel by. Roer tot ’n dik pasta vorm.

Giet die melk by en roer tot ’n dik witsous vorm.

Geur met sout en peper.

Voeg die heelkorrelmosterd en tuna by en roer tot deurwarm.

Hou eenkant.

Verhit die olie vir vlakbraai en skep groot lepels vol van die beslag in die verhitte olie.

Braai aan albei kante tot gaar.

Skep uit en herhaal met die res van die beslag.

Vul die pannekoeke met die tunavulsel en vou toe.

Sit die gevulde pannekoeke in ‘n gesmeerde oondbak en sprinkel kaas bo-oor.

Sit dit onder die roosterelement en rooster totdat kaas gesmelt is.