6 groot uie, geskil en deurgesny

sout en peper

olyfolie

3 blikke (187 g elk) tuna in water, gedreineer

125 ml (½ k) room

60 ml (¼ k) broodkrummels

45 ml (3 e) grasuie, gekap

45 ml (3 e) parmesaankaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Geur die uie met die sout en peper en bedruip met die olyfolie.
  • Rooster die uie 20 minute in die oond.
  • Haal die harte van die uie uit om ’n holte te vorm.
  • Meng die res van die bestanddele behalwe die kaas en vul die uie daarmee.
  • Sprinkel die kaas oor en bak 15 minute in die oond.