’n Vinnige, maklike sop vir aandete.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

½ vinkelbol, gekap

1 ui, gekap

4 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) olie

200 g baba-aartappels, gehalveer

1 L (4 k) hoenderaftreksel

400 g gekapte tamatie

sout en peper

skil van 1 suurlemoen

2,5 ml (½ t) rooipeper

200 g steurgarnale, aar verwyder

200 g halfskulpmossels, skoongemaak

200 g stokvisfilet, in blokkies gesny

’n paar druppels tabascosous

  1. Soteer die vinkel, ui en knoffel in die warm olie in ’n groot pot oor matige hitte tot sag.
  2. Roer die aartappels, aftreksel, tamaties, sout en peper, suurlemoenskil en rooipeper in. Bring tot kookpunt en laat prut 20 min.
  3. Voeg die steurgarnale, mossels in vis by, bedek en laat prut 8 min. of tot die vis gaar is. Toets die geur en voeg ’n paar druppels tabascosous by.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan