Minder as 1 uur Bedien: 4 Hoofbestanddeel:

Vis en seekos

Bestanddele

Hoofbestanddele

30 ml no name appelkooskonfyt

1 knoffelhuisie, fyngekap

15 ml gemmer, gerasper

1 rissie, met die sade verwyder en fyngekap 30 ml PnP olyfolie 800 g stokvis filette 1 knippie gemaalde sout en peper 1 suurlemoen, in kwarte gesny Metode

Meng die konfyt, knoffel, gemmer, rissie en olie saam.

Maak snye in die stokvis filette en verf met die konfytmengsel. Voeg sout en peper na smaak by en braai oor medium kole tot goudbruin en gaar. Bedien saam met ’n stukkie suurlemoen, slaai en vars brood. Nog goeie idees

Die konfytmarinade werk ook goed saam met vars snoek.

Vervang die appelkooskonfyt met vrugte blatjang.

KLIK HIER vir nog resepte van PicknPay.