Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

30 ml (2 e) olie

1 uit, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) brandrissievlokkies

5 ml (1 t) fyn komyn

2 ml (½ t) fyn koljander

5 ml (1 t) paprika

400 g gekapte tamaties

500 ml (2 k) groenteaftreksel

1 blik (400 g) kekerertjies

3 wortels, in lang repe gesny

60 ml (¼ k) rosyne

4 × 150 g stokvisfilette

sout en peper

’n hand vol vars koljander, gekap

pap vir voorsit

  1. Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die ui tot sag. Roer die knoffel en speserye in en braai ’n minuut.
  2. Voeg die tamaties en aftreksel by en bring tot kookpunt. Kook 5 minute onbedek. Roer die kekerertjies, wortels en rosyne in.
  3. Plaas dit vis bo-op, skep van die sous oor, bedek die pan en kook 5 minute of tot die vis gaar is oor lae hitte.
  4. Geur met sout, peper en gekapte koljander en sit op pap voor.