VULSEL

2 blikkies (170 g elk) tunastukke, gedreineer

60 ml (¼ k) mayonnaise

6 stingeluie, gekap

250 ml (1 k) ertjies, geblansjeer

sout en vars gemaalde peper

100 g mozzarellakaas, in stukke geskeur

BROODJIES

4-6 rolletjies, effens uitgehol

Verhit die oond tot 230 °C.

  1. Vulsel Meng al die bestanddele behalwe die kaas en geur met die sout en peper.
  2. Broodjies Vul die broodjies met die vulsel en druk stukkies kaas bo-op.
  3. Rooster 10-15 minute tot effens bruin en bros.