Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10-15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

2 stokvisfilette

5 ml (1 t) vars gemmer, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, gekap

1 rooi brandrissie, gekap

gerasperde skil en sap en 1 suurlemoen

100 g babaspinasie

30 ml (2 e) sojasous

1.    Plaas elke visfilet op ’n groot vierkant aluminiumfoelie en voeg die helfte van die gemmer, knoffel, brandrissie, suurlemoenskil en sap by elkeen. Strooi die spinasie om en oor die vis.

2.    Giet die sojasous oor die spinasie en verseël die foelie lossies om ’n pakkie te vorm.

3.    Stoom ’n kwartier. As jy nie ’n stomer het nie, plaas die pakkies op ’n hittebestande bord oor ’n kastrol pruttende water, bedek met ’n deksel en stoom.

4.    Sit voor saam met rys. Venicia Guinot van Yeoville