Met dié resep het Antoinette Smith van Oudtshoorn die lesersprys vir Huisgenoot se uitgawe van 19 Desember gewen.

Genoeg vir 6-8 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Baktyd: 25 minute

1 heel vis, verkieslik snoek

sout en vars gemaalde swartpeper

200 ml ongesoute botter

sap en skil van 3 lemmetjies

4 knoffelhuisies, fyngedruk

90 ml (6 e) appelkooskonfyt

40 g vars dille, fyn gekap

40 g vars vinkel, fyn gekap

40 g vars pietersielie, fyn gekap

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.
  2. Vlek die vis en plaas dit met die velkant na onder op die bakplaat. Geur met die sout en peper.
  3. Verhit die botter, lemmetjiesap en -skil, knoffel en konfyt in ’n klein kastrol. Wanneer dit afgekoel het, vryf die mengsel oral oor die vis.
  4. Meng die gekapte kruie en strooi dit oor die vis. Bak 25 minute. Sit voor saam met ’n slaai of brood.