Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

1 kg (1 pak) Mediterreense groente

1 ciabatta, horisontaal gehalveer

sout en vars gemaalde swartpeper

ekstra suiwer olyfolie

vars koljander vir garnering

1 geelstert-filet

sap van 1 suurlemoen

1 Rooster die groente volgens die aanwysings op die verpakking. Rangskik op die een ciabatta-helfte. Geur met die sout en peper, bedruip met die olyfolie en bestrooi met die helfte van die koljander.

2 Verf die vis met die olyfolie.

3 Verhit ’n braaipan oor hoë hitte tot warm. Plaas die vis met die velkant na bo in die pan, braai 3 minute, draai om en braai 5 minute. Plaas dit op die ander ciabatta-helfte. Geur met die sout en peper, bedruip met die suurlemoensap en garneer met die oorblywende koljander.

- Hope Malau