Lewer 1 kaaskoek

Bereiding 15 minute

Baktyd 12 + 50 minute

Stoltyd oornag

KORS

200 g soutbeskuitjies, fyn gemaak

120 g botter, gesmelt

VULSEL

250 g Philadelphia-roomkaas

2 houers (250 g elk) roomkaas

3 ekstragroot eiers

2 eiergele

250 ml (1 k) suurroom

1 suurlemoen se skil

15 ml (1 e) suurlemoensap

300 g gerookte snoek uit ’n pakkie, grate verwyder en gevlok

100 g pikantrissies, in dun repies gesny

30 ml (2 e) grasuie, gekap

ekstra gekpate grasuie vir versiering

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n veerklamppan van 22cm met bakpapier uit en spuit met kossproei.

  1. Kors Meng die beskuitjies en botter en druk die mengsel in die voorbereide pan vas. Bak 10-12 minute en verwyder uit die oond. Verlaag die oond se hitte na 150 °C.
  2. Vulsel Klits die roomkase met ’n elektriese klitser saam tot glad.
  3. Voeg die res van die bestanddele by en klits tot goed gemeng.
  4. Giet die vulsel in die voorbereide kors en bak 40-50 minute of tot dit stewig is. Laat dit afkoel, bedek en verkoel oornag.
  5. Garneer met gekapte grasuie net voor dit voorgesit word.

BEMEESTER ’N SWITSERSE ROL

’n Switserse rol is soms intimiderend omdat ’n mens bekommerd is dit kan bars. Die geheim is om dit nie te lank te bak nie en vinnig op te rol sodra dit

uit die oond kom.