Genoeg vir 2 groot porsies of 4 klein porsies

500 g gerookte skelvis (haddock)

600 ml melk

5 ml sout

50 g botter

200 g sampioene, grof gekap

50 ml meel

2.5 ml mosterdpoeier

Sout en varsgemaalde swartpeper

100 g Cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Plaas die gerookte skelvis in ‘n kastrol en giet die melk en sout bo-oor.

Bring die melk tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir sowat 10 minute.

Dreineer die vis en hou die verhitte melk en die vis eenkant.

Verhit die botter in ‘n kastrol en braai die sampioene vir sowat 5 minute.

Roer die meel by die sampioene en braai totdat die meel en bottermengsel begin prut.

Giet die verhitte melk by en roer totdat ‘n witsous vorm.

Geur met mosterdpoeier, sout en varsgemaalde swartpeper.

Roer die kaas deur die sous en hou eenkant.

Skep die opgekookte vis in ‘n gesmeerde oondbak en giet die sous bo-oor.

Bak vir sowat 10 – 15 minute of tot goudbruin.

Sit voor saam met groenslaai.

Volg Huisgenoot op Twitter.