Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 35 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

500 g calamari-buise en -tentakels

250 ml (1 k) karringmelk

KOOLSLAAI

1 vinkelbol, versnipper

½ rooi kool, versnipper

3 aspersies, in dun skywe gesny

1 ui, in skywe gesny

SLAAISOUS

sap van 1 suurlemoen

15 ml (1 e) heuning

80 ml (? k) balsemieke asyn

VIR AFRONDING

olyfolie

sout en vars gemaalde swartpeper

1 Was die calamari onder lopende water. Bedek met die karringmelk en sit 30 minute eenkant om te week.

2 Koolslaai: Berei intussen die groente, bedek met koue water en sit 20 minute eenkant.

3 Slaaisous: Meng die bestanddele vir die slaaisous deeglik.

4 Vir afronding: Dreineer die calamari en droog dit af. Bedruip met olyfolie en geur met sout en peper. Plaas in ’n pan oor hoë hitte en roerbraai die calamari tot gaar.

5 Dreineer die groente en geur met sout en peper.

6 Sit die calamari saam met die slaai en slaaisous voor.

- Hope Malau