Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

8 skelvisfilette

250 ml (1 k) melk

25 g botter

30 ml (2 e) meel

sap van ½ suurlemoen

RYS

250 ml (1 k) rys

500 ml (2 k) kookwater

2 ml (½ t) borrie

sout en peper

10 g botter

5 ml (1 t) heuning

’n hand vol pietersielie, gekap, vir garnering

  1. Plaas die skelvis in ’n mikrogolfbestande bak en giet die melk oor.
  2. Bedek die bak met kleefplastiek; sorg dat dit nie aan die vis raak nie en laat ’n klein opening sodat die stoom kan ontsnap.
  3. Kook 3 minute op hoog of tot gaar. Laat staan in die bak.
  4. Plaas die botter in ’n mikrogolfbestande bak. Mikrogolf dit 30 minute tot dit smelt. Keer die meel in en klits tot gemeng.
  5. Voeg 30 ml (2 e) posjeermelk by die meelmengsel. Klits tot ’n gladde pasta vorm. Volg die melk bietjie-bietjie by en hou aan klits tot alles bygevoeg is.
  6. Mikrogolf 3 minute op hoog; klits ná elke minuut. Voeg die suurlemoensap by.
  7. Rys: Meng die rys, water, borrie, sout en peper in ’n mikrogolfbestande bak. Bedek met kleefplastiek, laat ’n klein opening en kook 10 minute op hoog. Keer in ’n sif uit en spoel met koue water af.
  8. Plaas die rys weer in die bak, roer die botter en heuning in, en verhit 5 minute op hoog, maar roer ná 3 minute. Roer die pietersielie in en sit voor met skelvis en suurlemoensap.