1 snoek, gevlek en skoongemaak

sout en peper

60 ml (¼ k) appelkooskonfyt

15 ml (1 e) gerasperde gemmer

PATATSKYWE

4 patats, in skywe gesny

30 ml (2 e) olyfolie

sout en peper

handvol koljanderblare

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Sit die snoek op ’n bakplaat en geur met die sout en peper.
  2. Smeer die vis met die konfyt en gemmer en oondbraai 20 minute.
  3. Patatskywe Versprei die patats op ’n bakplaat. Smeer die olyfolie oor en geur met die sout en peper.
  4. Oondbraai 20 minute. Sprinkel die koljanderblare oor en sit voor saam met die vis.