Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

4 stokvisfilette

MARINADEPASTA

15 ml (1 e) koljandersaad

2 ml (½ t) komynsaad

5 ml (1 t) fyn kaneel

5 ml (1 t) fyn naeltjies

5 ml (1 t) swart peperkorrels

2 ml (½ t) kardemomsaad

5 ml (1 t) borrie

10 ml (2 t) droë brandrissievlokkies

8 knoffelhuisies

10 ml (2 t) donkerbruinsuiker

15 ml (1 e) suurlemoensap

30 ml (2 e) gekapte vars gemmer

30 ml (2 e) olie

FYN GROENTE

1 patat, geskil en in blokkies gesny

3 madumbe, geskil en in blokkies gesny

2 rape, geskil en in blokkies gesny

2 aartappels, geskil en in blokkies gesny

80 ml (? k) room

2 knoffelhuisies

30 ml (2 e) botter

sout en peper

VIR VOORSIT

30 g broccoli, gaar

1 Plaas die vis in ’n plat bak wat nie van metaal gemaak is nie.

2 Marinadepasta: Rooster die koljander- en komynsaad in ’n warm, droë pan oor matige hitte tot geurig. Keer dit in ’n speserymeul uit en voeg die kaneel, naeltjies, peperkorrels, kardemomsaad, borrie en brandrissievlokkies by. Maal tot ’n fyn poeier.

3 Verwerk die speserymengsel saam met die knoffel, suiker, suurlemoensap, gemmer en olie in ’n voedselverwerker tot ’n gladde pasta.

4 Bedek die vis met die pasta en laat marineer terwyl jy die fyn groente berei.

5 Fyn groente: Plaas die blokkies groente in ’n pot vol water en bring stadig tot kookpunt. Verminder tot prut laat kook 25 minute of tot sag.

6 Dreineer en voeg die room, knoffel en botter by. Druk fyn tot ’n gladde, klontvrye konsistensie en geur met sout en peper.

7 Panbraai die vis 5-8 minute weerskante.

8 Vir voorsit: Skep die fyn groente op borde, bedek met vis en sit voor saam met die broccoli.