TARTAARSOUS

180 ml goeie mayonnaise

125 ml suurroom

30 ml gekapte kappertjiesaad

1 fyngedrukte knoffelhuisie

45 ml suurlemoensap

sout en peper na smaak

CALAMARI

125 ml meel

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

500 g calamariringe of -stukkies, ontdooi

2 eiers, geklits

250 ml vars broodkrummels

olie vir vlakbraai

TARTAARSOUS

Meng die mayonnaise, suurroom, kappertjiesaad, knoffel, suurlemoensap en geur met sout en peper na smaak.

CALAMARI

Geur die meel met die sout en peper.

Bestuif die calamari met die meel, doop dit in die geklitste eier en dan in die broodkrummels.

Sorg dat elke stukkie goed met krummels bedek is.

Verkoel minstens 15 minute in die yskas.

Verhit genoeg olie vir vlakbraai en braai die calamari tot gaar.

Sit die calamari dadelik voor saam met die tartaarsous, suurlemoenwiggies en olywe.