Hier is een van die twee ander resepte uit vandeesweek se episode van Jy het ’n Wenresep! op VIA (DStv-kanaal 147). Kry hierdie week se wenresep in die jongste uitgawe van Huisgenoot (23 Februarie 2017).

Genoeg vir 4 mense

Bereiding 10 min

Gaarmaak 5—7 min

4 vars geelstertsteaks van ongeveer 200 g elk

25 ml (1 e) groente-olie

sout en swartpeper vir smaak

125 ml (½ k) sesamsaad

125 ml (½ k) goeie gehalte sojasous

60 ml (1/4 k) gemmertee of gemmerrooibostee

1 sprietui, fyn gesny

7 ml (½ e) heuning of bruinsuiker

15 ml (1 e) wit of bruinasyn

12 ml (21/2 t) vissous

1 brandrissie, gekap (opsioneel)

1 Plaas die geelstert in ’n skottel, borsel dan liggies met olie en geur met sout en peper aan beide kante.

2 Plaas die sesamsaad in ’n ander bak of op ’n bord en druk die steaks daarin tot alkant bedek is met sesamsaad.

3 Plaas vis versigtig in pan, braai dit dan oor ’n hoë temperatuur vir sowat 2 minute aan weerskante en deurgaar binne. Pasop vir oorgaar maak

4 Haal die steaks uit die pan en plaas dit op ’n houtbord om af te koel vir 5-10 minute voor jy dit sny. (Of eet dit warm met sous.)

5 Terwyl die geelstert rus, meng die sojasous, gemmertee, sprietuie, heuning, vissous en asyn saam in ’n beker en roer tot alles opgelos is.

6 Giet oor die vis en sit voor. Of dien die sous apart op in klein bakkies saam met die vis.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

wenresep-logo-high-res

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.