Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 7 minute

SALSA

¼ papaja, in stukkies gesny

1 skyf spanspek, ontpit en in stukkies gesny

6 klein rosa-tamaties, in stukkies gesny

1 stingelui, in stukkies gesny

¼ komkommer, in stukkies gesny

halwe avokado, in stukkies gesny (opsioneel)

30 ml (2 e) gekapte koljanderblare

sap en skil van 1 lemmetjie of suurlemoen

VIS

4 filette (200 g elk) vars vis met vel aan

sout en peper na smaak

15 ml (1 e) olyfolie

sap en fyn skil van 1 suurlemoen of lemmetjie

bronkors vir versiering

  1. SALSA Meng al die bestanddele vooraf en hou eenkant.
  2. VIS Geur die vis met sout en laat staan tot net voor etenstyd.
  3. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan. Braai die visfilette met die velkant na bo tot bruin. Draai om en druk die suurlemoensap en skil bo-oor uit.
  4. Bedek en stoombraai verder tot die vis net gaar is. Die vleis moet wit vertoon en maklik met ’n vurk vlok. Geur met peper.
  5. Skep die vis op ’n bord, skep van die pansappe oor en staple die salsa bo-op.
  6. Rond af met bronkors en sit voor met ’n lae-GI-koolhidraat soos bruin basmatirys of patat.