Vervang die peperfetakaas met laervet-feta en voeg jou eie peper by as jy nog kilojoules wil weglaat.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute.

Staantyd: 10 minute

VIS

4 (100 g elk) bevrore stokvismootjies

sout en peper

60 ml (¼ k) songedroogdetamatiepesto

100 g kersietamaties, in die helfte deurgesny

100 g peperfetakaas

SPINASIE-KAPOKAARTAPPEL

100 g baba-aartappels

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

olie

100 g spinasie, fyn gesny

neutmuskaat, sout en peper na smaak

30 ml (2 e) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas tinfoelie op ’n bakplaat.

  1. VIS Geur die vis met sout en peper en laat 10 minute staan om te verstewig. Pak op die bakplaat.
  2. Smeer die pesto oor die vis en pak die tamaties bo-op.
  3. Sprinkel die fetakaas oor en bak 8-12 minute tot gaar.
  4. SPINASIE-KAPOKAARTAPPEL Kook die aartappels met skil en al gaar. Druk effens fyn. Braai die knoffel in ’n bietjie olie. Voeg die spinasie by, plaas die deksel op en stoombraai tot die spinasie verwelk. Meng by die aartappel. Geur met neutmuskaat, sout en peper en roer ’n bietjie melk by om dit romerig te maak.
  5. Skep die aartappel op die bord en plaas die vis bo-op. Sit voor met slaai.