Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15-20 min.

Gaarmaak: 25 min.

100 g botter

220 g spek van goeie gehalte, in stukke gesny

200 g kersietamaties, gehalveer

skil en sap van 1 suurlemoen

250 ml (1 k) witwyn

250 ml (1 k) room

1 kg vars vis, soos geelstert, gefileer

sout en peper

1 groot hand vol basilieblare, in stukke geskeur

Voorverhit die oond tot 140 °C. Smeer ’n oondpan.

  1. Verhit die botter in ’n groot pan en braai die spek tot net bros. Voeg die kersietamaties en suurlemoenskil by. Verhoog die hitte en
  2. roerbraai tot die tamaties effens verkleur.
  3. Voeg die suurlemoensap en wyn by en kook af tot die sous met die helfte verminder het. Voeg die room by en verhit tot dit effens afgekook het.
  4. Geur die vis met die sout en peper en plaas dit in die oondpan. Giet die roommengsel eweredig oor.
  5. Plaas in die oond en bak sowat 20 minute of tot die vis net gaar is en maklik vlok met ’n vurk. Sprinkel die basilieblare oor en sit voor.