Genoeg vir vier mense

4 visfilette

sout en peper

100 g mozzarellakaas, in

skywe gesny

100 g baba-tamaties, in

skyfies gesny

olyfolie

basilieblare

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Pak die vis op ’n bakplaat en geur met die sout en peper.
  2. Oondbraai die vis 5 minute, verwyder uit die oond en pak die skywe kaas en tamaties op die vis.
  3. Rooster nog 8 minute of tot die vis gaar is en die kaas gesmelt het.
  4. Bedruip met die olyfolie en verdeel die basilieblare tussen die porsies.
  5. Sit voor saam met gekneusde baba-aartappels* en slaai.