500 ml (2 k) gaar rys

2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer

4 songedroogde tamaties, gekap

60 ml (¼ k) mayonnaise

4 eiers, geklits

sout en peper

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die holtes van ’n diep muffinpan.

  1. Meng al die bestanddele en geur met die sout en peper.
  2. Verdeel die mengsel tussen die muffinpanholtes en bak 25 minute tot gestol en effens bruin.
  3. Sit voor saam met vars basilie en babatamaties.