Genoeg vir 4 mense.

SOUS

60 ml (¼ k) tahini

5 ml (1 t) geroosterde kerriepoeier

1 suurlemoen se sap

45 ml (1 e) water

VIS

4 visporsies of filette soos stokvis

sout en peper

olie en botter

VIR VOORSIT

15 ml (1 e) sesamsade

koljanderblare vir oorsprinkel

suurlemoenwiggies

1 SOUS Verhit alles in ’n klein kastrol en hou warm.

2 VIS Geur visporsies met sout en peper en braai sowat 3 min. per kant in verhitte olie en botter tot bruin alkant en deurgaar. (Bedek dit halfpad met ’n deksel om deurgaar te maak.)

3 VIR VOORSIT Plaas die vis op ’n dienbord, giet van tahini-sous oor en sprinkel sesamsade en koljanderblare oor. Sit voor saam met suurlemoenwiggies

TAHINI

Maak sowat 250 ml (1 k)

Bereiding: 10 min.

250 ml (1 k) sesamsade

125 ml (½ k) olyfolie

sap van 1 suurlemoen

Rooster die sesamsade in ’n droë pan tot goudkleurig.

Laat afkoel.

Plaas in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad terwyl olie stadig bygevoeg word.

Verwerk tot ’n gladde pasta, voeg nog olie by soos nodig.