Genoeg vir 4 mense (2 aartappelkoekies per persoon)

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20-30 minute

AARTAPPELKOEKIES

12 baba-aartappeltjies, sag gekook in die skil

2-4 songedroogde tamaties, fyn gekap

1 eier en bietjie meel (om te laat bind)

sout na smaak

olie om pan te smeer

TUNAMENGSEL

400 g tuna, gedreineer

4-6 swartolywe, gekap

1 gekapte agurkie

2 stingeluie, gekap

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

45 ml (3 e) laevet-mayonnaise

  • Voorverhit die oond tot 190 °C.
  • Smeer ’n bakplaat.

  1. KOEKIES Maak die aartappels fyn, maar steeds effe grof. Voeg die res van die bestanddele by, maar net genoeg meel om te bind. Meng goed.
  2. Smeer ’n pan met olie en verhit. Verdeel die aartappelmengsel in 8 skeppe en seël vinnig alkant. Bak
  3. 5-10 minute of tot stewig in die oond.
  4. TUNAMENGSEL Meng die bestanddele saam en sit voor saam met die aartappelkoekies.