Die sousmengsel kan ’n hele jaar gehou word.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10-20 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

Staantyd: 1 uur

30 steurgarnale

SOUS

500 g gedroogde rissies

250 ml (1 k) olyfolie 250 ml (1 k) sonneblomolie 2 knoffelhuisies 250 ml (1 k) suurlemoensap 30 ml (2 e) sout

  1. Plaas die garnale in ’n glasbak.
  2. SOUS Plaas die sousbestanddele in ’n voedselverwerker. Pols ’n paar minute tot goed gemeng.
  3. Meng die sous met die garnale tot goed bedek en marineer 1 uur.
  4. Braai die steurgarnale op matige kole of tot gaar. Sit voor met suurlemoen.

WENK: Braai die garnale direk op die rooster op matige kole. Draai gereeld om en verf tussendeur met die marinade. Die garnale is gereed wanneer hul doppe pienk verkleur; dit behoort ná sowat 8 minute te gebeur. Kook die orige marinade en sit voor as doopsous.